Om professioneel by die werk te wees, kan ’n uitwerking hê op of jy die beroepsleer teen ’n redelike tempo klim, of net bly waar jy is. Career Advice sê professionele gedrag kan verskeie vorme aanneem, afhangend van waar jy werk en die tipe werk wat jy doen.

 

Professionele gedrag sluit die volgende in:

 

  1. Bekwaamheid: Jy is goed in jou werk – en jy het die vaardighede en kennis wat jou in staat stel om jou werk goed te doen.
  2. Betroubaarheid: Mense kan op jou staatmaak om betyds te wees, jou werk in te handig wanneer dit klaar moet wees, en so meer.
  3. Eerlikheid: Jy is eerlik en reguit oor hoe sake staan.
  4. Integriteit: Jy is bekend vir jou beginselvastheid.
  5. Respek vir ander: Jy behandel almal asof hulle saak maak.
  6. Selfontwikkeling: In plaas daarvan om jou vaardighede en kennis te laat verouder, vind jy maniere om ingelig te bly.
  7. ’n Positiewe ingesteldheid: Jy bly positief en probeer om oplossings vir probleme te kry – niemand hou van ’n alewige pessimis nie.
  8. Ondersteun ander: Jy deel die kalklig met kollegas, staan tyd af daaraan om aan ander te verduidelik hoe om iets te doen en luister wanneer nodig.
  9. Bly gefokus op werk: Jy laat nie toe dat jou privaat lewe onnodig inmeng met jou werk nie en hanteer nie persoonlike sake in werktyd nie.
  10. Luister aandagtig: Jy gee ander ’n kans om hulle idees ten volle uiteen te sit, want mense hou daarvan om gehoor te word.

 

Bron: http://career-advice.monster.ca

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close