Foto: Maroela Media

Coligny: Waar is die woede as swart mense mekaar doodmaak?

Die huidige tragedie wat homself in Coligny afspeel skep by baie mense die verkeerde indruk dat wit mense – en veral Afrikaner-boere – uit gewoonte swart mense in Coligny, en elders in die land, vermoor. Dit is die prentjie wat deur die premier van die provinsie, Supra Mahumapelo, geskets is by Matlomola Mosweu se begrafnis…

As Superrugby ʼn aanduiding is, gaan die Bokke weer sukkel

As Superrugby ʼn aanduiding is, gaan die Bokke weer sukkel

Behalwe vir die Lions en dalk ook die Sharks, is vanjaar weer besig om ʼn droewige een vir Suid-Afrikaanse spanne in die Superreeks te word. Daar was groot verwagtinge van die Stormers ná hul vroeë suksesse, veral op hul tuisveld. Maar die wiele het behoorlik in Nieu-Seeland afgekom en hulle het meer as 50 punte…

Moet nooit die Afrikaner afskryf nie

Moet nooit die Afrikaner afskryf nie

Dit is ongetwyfeld so dat Afrikaner as groep tans op talle vlakke in ʼn oorlewingstryd betrokke is. Fisiek word ons onder meer op plase vermoor en ook op kampusse geteiken. Sielkundig word ons geteiken met holle maar gevaarlike frases soos “radikale ekonomiese transformasie”, wat natuurlik fasette soos die onteiening van plase sonder vergoeding insluit. Ons…

Franse kiesers trek ʼn Trump, maar nie ʼn Franxit

Franse kiesers trek ʼn Trump, maar nie ʼn Franxit

Franse verkiesings is maar altyd onvoorspelbare affêres. Franse kiesers is in die algemeen taamlik konserwatief en nes mens dink die uitslag gaan een kant toe, dan word jy verras met ʼn totaal nuwe wending. Vanjaar was sʼn is geen uitsondering nie, maar die peilings was eintlik verbasend akkuraat.   Die eerste ronde van vanjaar se…

Is Afrikaners te beskeie oor hul taal?

Is Afrikaners te beskeie oor hul taal?

Daar is min goed waarop ek so trots en passievol is soos Afrikaans. Dis daarom dat ek eweneens gebelg is oor die onbillike behandeling wat ons taal kry by gewone mense en veral die regering oor wat die sommige sprekers daarvan in die verlede gedoen het. Daar word gerieflik vergeet – selfs deur baie Afrikaanssprekendes…

ʼn Paar ligpunte in ons huidige politieke duisternis

ʼn Paar ligpunte in ons huidige politieke duisternis

Ek was Vrydag in Kaapstad toe die anti-Zuma betogings daar plaasgevind het. Ek was nie deel van die betogings nie, maar soos goeie toeriste het ek en my vrou rondgery en hier- en-daar die betogings waargeneem. Dit was werklik verblydend om te sien hoe wit, swart, bruin, Chinese en Indiër-mense almal saam betoog het teen…

Wat gaan aan by die Bulle?

Wat gaan aan by die Bulle?

Ek ondersteun die Bulle sedert 2003. Vir baie jare was dit nogal maklik en ek was in ekstase. Ek dink aan 2007. Ek was daar toe Derick Hougaard met die een straf- en skepdoel na die ander ons teen die Crusaders laat wen het om die week daarna die Haaie in Durban te klop om die Superrugby-trofee…

Saru se nuwe reëls oor oorsese spelers sit die pot heeltemal mis

Saru se nuwe reëls oor oorsese spelers sit die pot heeltemal mis

Ek het onlangs in ’n interessante debat met twee mense op Facebook betrokke geraak oor of die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se nuwe reëls om spelers in Suid-Afrika te hou, ’n slim idee is al dan nie. Brendan Venter dink wel so en die twee here het sy siening, wat hoogs gekwalifiseerd is, gebruik as “bewys”…

Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close