5 Maart 2015

Deur Paul Joubert

 

Die minister van finansies, Nhlanhla Nene, het 'n gesamentlike styging van 80,5c per liter in die regering se heffings op petrol in sy begrotingsrede aangekondig. Hierdie styging sal op 1 April geïmplementeer word, maar dis geen Aprilgek-grap nie! Dit is die hoogste styging in die afgelope paar jaar, beide in and-terme en persentasiegewys.

 

Sedert 2008 het die stygings in die heffings gewissel van 5,4% tot 23,6%, maar vanjaar se styging beloop 24,2%. In 2007 het al die heffings op petrol gesamentlik R1,67 per liter beloop, maar vanaf 1 April 2015 sal dit R4,13 wees. Dit is 'n kumulatiewe styging van 147%. In dieselfde tydperk het die verbruikersprysindeks (VPI) slegs met 62% geklim. Indien die heffings op petrol sedert 2007 slegs met 62% gestyg het, sou dit in April 2015 slegs R2,71 beloop het – R1,42 per liter minder as wat dit werklik gaan beloop.

 

Hoewel die brandstofheffing wat administrasiekoste betref 'n baie doeltreffende belasting is, en dit uit daardie oogpunt dus verkieslik is bo iets soos BTW of inkomstebelasting, help dit ook nie as dit verhoog word sonder dat die ander belastings verlaag word nie.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close