Nuus -

Casper in vir 'n rasper

Dit het begin met 'n epos wat Uys de Vos vir Casper de Vries gestuur het na die ontnugtering van een van sy vertonings in Swakopmund. In sy antwoord ransel Casper vir Uys af. Uys vervies hom en stuur die epos deur na Suid-Afrika om die burgers te waarsku. Hy versoek ook dat sy boodskap om wyd versprei te word. En ons is lief om eposse aan te stuur. Die vonkie word 'n brand. Petrol kom op die vuur met 'n artikel ‘Christene moet leer dink’ – vies De Vries in Beeld. 

Op die Beeld artikel was daar heelwat kommentaar. Vir en teen Casper. Nou is daar 'n Facebook is 'n veldtog teen Casper wat verby 500 vriende is deur die behoudende groep met die titel: Casper de Vries is Walglik !! Wonder of Casper se vriende nou 'n groep sal stig soos: Casper is wonderlik.

Om suksesvol te mobiliseer moet jy glo in 'n saak. Net soos in die Woolworths geval is vinnig saamgestaan. Casper is egter meer ‘n Absa geval en sal nie erken dat hy ‘n fout gemaak het nie. Al is daar 12 000 mense teen hom.

Casper het nou die verkeerde vyande gemaak. Dit is goed dat Christene 'n bewustheid kry rondom sy doen en late en sy vertonings bloot net vermy. Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op. Gee jou ore vir Casper se walglikheid uit dan besmet jy self jou gemoed.

Elkeen kan dus 'n keuse maak. As jy soos Uys de Vos sekere waardes het en daarop wil staan is dit jou volle reg. Al beteken dit dat jy agter die tyd, onvolwasse en uit die 1980’s kom. Dit kan dalk 'n bate wees.

  •  
  •  
  •  
Reint Deur Reint


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close