Deur Paul Joubert

 

In 2010 was die departement van handel en nywerheid erg besorg oor die feit dat ArcelorMittal SA (AMSA) die prys van staal baie duur in die plaaslike mark gehou het omdat dit op invoerpariteitsvlakke was. Dit beteken dat AMSA se pryse gelyk was aan wat dit sou kos om dieselfde staal vanuit die buiteland in te voer. Toe AMSA in 2010 spesifiek die prys van staal verder weens 'n twis oor mynregte met Kumba wou verhoog, het die departement soos volg op 30 Maart 2010 reageer:

 

”The announcement of an additional iron-ore surcharge on steel products signals that the South African economy is expected to bear the cost of this commercial error, which in turn will hamper our industrialisation efforts.”

 

Ook op 2 Augustus 2010 het die departement verder gestel:

”[AMSA will] increase … the base price of steel. This increase in the base price will effectively pass through the cost of iron ore – established in the interim agreement – to steel purchasers.

The dti remains extremely concerned about the high price of steel in the South African economy which was amongst the highest in the world prior to the introduction of the iron ore surcharge.

An inter-departmental task team – comprising the Departments of Trade and Industry, Economic Development and Mineral Resources – has been established to
make recommendations on appropriate policy tools to ensure in the long run the viability and cost-competitiveness of local steel production, and a competitive steel pricing regime to support the development and deepening of value-added manufactured products in downstream industries.”

 

Die departement het daarop klem gelê dat hoër pryse skadelik vir die ”downstream” gebruikers van staal in Suid-Afrika is. Hierdie ”downstream”-sektor vorm 'n baie groot deel van die metaal- en ingenieurssektor. Die departement se voorgestelde oplossing, om AMSA deur regeringsinmenging te forseer om pryse te verlaag, was egter nie in voeling met die vrye mark nie.

 

In 2012 het Mail & Guardian berig dat die departement van mening was dat dit van kritieke belang was om AMSA se beleid van invoerpariteitspryse te ondersoek, omdat die hoë pryse van staal sake vir die “downstream”-vervaardigers deurgaans moeilik gemaak het. Laat in 2014, minder as 'n jaar gelede, was dieselfde polemiek oor invoerpariteitspryse nog aan die gang.

 

Nou word die hele argument dat lae pryse goed is vir plaaslike “downstream”-vervaardigers egter skielik op sy kop gedraai, aangesien die invoerpryse gedaal het. Daar word nou klaarblyklik deur AMSA geargumenteer dat die laer pryse ook skadelik vir die “downstream”-vervaardigers is. Dit maak nie sin nie.

 

Die enigste skade wat “downstream”-vervaardigers uit lae pryse kan ly, is waar spesifieke nis-vervaardigers moontlik baie afhanklik is van 'n spesifieke staalproduk van 'n produsent soos AMSA of Highveld Steel. Indien die nis-vervaardiger dié soort staal nie van elders kan bekom nie, en die aanbod van AMSA of Highveld Steel word gestaak, sal so 'n vervaardiger in die moeilikheid wees. Vir verreweg die meerderheid van die sektor sal dit egter nie 'n probleem wees nie.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close