Almal van ons het al 'n week of meer van absolute chaos by die werk ervaar. Dit laat my bloeddruk die hoogte in skiet net om daaraan te dink. Sulke tye is onvermydelik, jy gaan af en toe druk ervaar by die werk. Dit is hoe jy die druk hanteer wat jou gaan deurtrek.

 

Ek stel vreeslik uit as stres my beetpak. Die eerste stap is om te weet waar jou swakpunte lê as dit by stresvolle tye by die werk kom. As jy weet wat jou swakpunt is kan jy 'n oplossing daarvoor vind. Met die dat ek so uitstel het ek ervaar dat wanneer my take in klein om-te-doen-vandag lysies opgedeel word ek nie so gestres is nie, en kry ek meer gedoen sonder om uit te stel.

 

Hier is nog 'n paar voorstelle van wat jy kan doen as die stres jou beetpak:

 

  • “Skip” die koffie. Koffie hits adrenalien produsering aan en onderdruk adenosien, wat 'n natuurlike ontspanningsmiddel vir jou brein is.
  • Haal 'n paar keer diep asem voor jy die telefoon antwoord. Dit help dat jou stresvlakke nie toeneem soos wanneer jy om wip en die telefoon gryp-antwoord nie.
  • Kom so bietjie uit. 'n Vinnige stappie in die vars buite lug sal help om stresvlakke onderbeheer te bring.
  • As jy nie kan wegkom van jou lessenaar af nie, sit oorfone op en luister vir 'n rukkie lekker hard na musiek van jou keuse.
  • As jy 'n slegte dag by die werk het, bel iemand na aan jou. 'n Vriend/in, gade of familie-lid. Dit sal angstigheid verminder omdat dit die hormoon oksitosien vrystel.
  • Niks werk beter vir stresontlading as lag nie. Lag hits spierverslapping aan en verlaag jou bloeddruk.
  • As jy oorweldig voel met die hoeveelheid werk wat jy moet, praat met 'n hoër gesag daaroor, hulle sal kan help om 'n plan te maak met jou werkslas.
  • Wanneer ons gestres is, is ons geneig tot 'n vlakker asemhaling. Volgende keer as jy angstig voel, haal vyf keer diep asem, strek jou arms, rol jou skouers en buig jou nek saggies. Dit neem die spanning uit jou liggaam uit.

 

 

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close