Algemeen -

Die aap is uit die mou!

Hoe baie keer vertel mense vir jou 'n storie wat begin met: “Het jy gehoor…” en aan die einde kom daar as nagedagte by: “Moenie vir iemand vertel nie, dis 'n geheim”.

Mense sukkel om geheime te bewaar. Dit is asof die feit dat hulle iets weet wat niemand anders weet nie, hulle pla totdat hulle ten minste vir een ander persoon daarvan vertel het. Daardie een ander persoon voel weer presies dieselfde en so versprei die storie soos 'n veldbrand.

Geheime het 'n manier om uit te lek. Baie keer kom daar ook stertjies by.

Dit is wys om nie na 'n geheim te soek nie, en eerlik om nie een te openbaar nie – William Penn.

Ek sê nie dat niemand 'n geheim kan bewaar nie, ek sê wel dat mense dit baie moeilik vind om stil te bly wanneer hulle iets geheim moet hou.

Die veiligste is om die geheim maar liewer vir jouself te hou.

William Scott Downey het gesê: Om jou eie geheime te hou, is wysheid; maar om van ander te verwag om dit te hou, is dwaasheid.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close