Algemeen -

Die belangrikste “stukkie” van my storie

Deur Danelle Venter
Van kleins af gekniel saam my Ouma
by die bed
by die bank
of sommer net
gebid en “geglo soos ñ kind”
Toe word ek ouer
die wêreld was woes, wild en wreed
– dit is steeds –
en het my gevang
in sy net
my gelaat met gedagtes van
haat
eensaamheid
vrees
“niemand sal my kan red”
Die dominee het toe gesê
“Nou moet jy mooi oplet –
Sien, daar was ñ Man
perfek
sonder gebrek
en sonder vlek
gestuur deur sy Vader,
na die aarde
om al jou laste te dra
daar op die houtkruis
vasgenaal
het Hy die volle prys betaal
jou sonde
jou skuld
jou seer
op Homself geneem
en doodgegaan
alleen”
“Kom na My toe,
almal wat vermoeid
en belas is,
en Ek sal vir julle
rus
gee.”
(Matt. 11:28)
Hy het my geroep
ek het na Hom gegaan
voor Hom gebreek
en Hy het my gegroet
met
omgee
liefde
vergifnis
nou kan ek
net
dankie

want Jesus het my gered!
en nou staan ek bekend
as
“kind van God”
Net Hy
kan so
oneindig baie
genade hê!

  •  
  •  
  •  
Algemene Skrywer Deur Algemene Skrywer


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close