My Werk -

Die effektiewe hantering van terugslae in die werkplek

Dinge verloop nie noodwendig altyd volgens plan in die werkplek nie. Spertye haal jou in, of jy bereik nie jou verkoopsdoelwitte nie. 'n Kollega laat jou dalk in die steek of jy voel jou harde werk werp geen vrugte af nie. Die lewe is vol teleurstellings en mislukkings. Ons moet aanvaar dat terugslae onvermydelik is en dat elke individu teleurstellings en mislukkings op sy of haar eie manier ervaar en hanteer.

 

Hier is 'n paar wenke om jou emosioneel voor te berei op terugslae in die werkplek:

 

  1. Wees buigsaam

Dit is belangrik om te besef dat daar sekere omstandighede is wat jy nie kan vermy nie. Daarom moet jy dit na die beste van jou vermoë bestuur. Om 'n situasie effektief te bestuur moet jy soek na nuwe maniere om probleme op te los en gewillig wees om nuwe idees te aanvaar.

 

  1. Wees altyd positief

Om positief te bly tydens 'n teleurstelling of 'n mislukking is die beste ding wat jy vir jouself kan doen. Staan op, hou jou kop hoog en probeer weer. Moenie afgetrokke raak by jou werkplek nie. Jy het die ondersteuning van kollegas nodig en dit sal jou gedagtes aflei van jou terugslag.

 

  1. Stel voortdurend nuwe doelwitte

Plaas jou fokus op 'n nuwe doelwit en span al jou kragte in om dit te bereik. Omskryf jou persoonlike doelwitte sodat jy weet waarheen jy op pad is. Jy gaan kritiek langs die pad kry – luister daarna en gebruik dit om jouself te verbeter.

 

  1. Bly gefokus

Daar sal altyd faktore buite jou beheer wees. Wat die impak van daardie terugslag, mislukking of teleurstelling gaan wees, hang van jou as persoon af. Sodra jy gefokus is, sal jy selfvertroue en 'n positiewe houding ontwikkel om uiteindelik sinvolle lewens- en beroepsdoelwitte te bereik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Wilmarie Brits Deur Wilmarie Brits


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close