Algemeen -

Die Huffington onderrok sleep op die grond

Donderdag 13 April 2017 sal onthou word as die dag waarop die Huffington Post Suid-Afrika nie net sy onderrok laat uithang het nie, maar dit sommer heeltemal uitgetrek het, aan die brand gesteek het en rondgeswaai het terwyl hy deur die strate hardloop.

 

In 'n blog op Huffington Post Suid-Afrika se webwerf, onder die titel “Could it be time to deny white men the franchise” argumenteer ene Shelly Garland, dat die tyd aangebreek het om wit mans se stemreg weg te vat. Die rubriek argumenteer onder andere dat weens Brexit en Trump,  wit mans nie meer die reg om te stem verdien nie. Dit was nie 'n stuk satire nie, jy het daai reg gelees.

 

Verbeel jou die teenoorgestelde vir 'n oomblik: “Weens Jacob Zuma, Robert Mugabe en Omar Al-Bashir, dink ons dit is tyd dat swart mans se stemreg weggeneem word.”

 

Na die internasionale wêreld in kritiek teen die mal meningstuk ontvlam, het Verashni Pillay, redakteur van die Huffington Post, die blog verdedig. Mens sou ‘n vryheid van spraak argument verwag vanaf me. Pillay. Dat sy die publikasie van die blog – ten spyte van die inhoud daarvan – sou verdedig.

 

Me. Pillay verdedig nie net die publikasie van die blog nie, sy verdedig in besonders die inhoud van die mal meningstuk. Verashni Pillay, redakteur van die Huffington Post, noem dat niemand geskok behoort te wees deur die mal meningstuk nie, dis redelik tipiese denke in feministiese kringe.

 

Laat daardie stelling insink – apartheid teen wit mans, is iets wat ons nie behoort te skok nie, aldus die redakteur van die Huffington Post.

 

Toe word dit beter.

 

In werklikheid, bestaan die outeur van die mal meningstuk nie. Shelly Garland is 'n hersenskim. Die Huffington Post het 'n mal meningstuk geplaas, wat geskryf is deur 'n spook.

 

Redelike mense sou dink dat jy ten minste seker maak daar is 'n regte persoon aan die ander kant van die pen, voor jy so opruiende meningstuk publiseer. As jy weet iets gaan ongelooflike opslae maak, bevestig goeie joernaliste darem dat jy met werklike menings van werklike persone werk.

 

Toe word dit nog beter.

 

Die ware outeur van die blog, “Shelly Garland”, kom na vore. Die ware outeur is 'n wit man, wat 'n teorie wou toets. In ons huidige nasionale diskoers is die retoriek so sterk teen wit mans, dat hy gereken het jy kan enige absurditeit skryf – solank die teiken wit mans is – sal dit gepubliseer word. Hy kies toe die absurdste ding waaraan hy kon dink, en kyk of sy teorie waar is.

 

Verashni Pillay, die redakteur van 'n “geloofwaardige” nuusinstelling, publiseer 'n stuk wat vra vir apartheid – omdat sy daarmee saamstem. Sy ondersoek nie die outeur of mal meningstuk nie – omdat sy daarmee saamstem. Daarna verdedig sy die mal meningstuk teen kritiek – omdat sy daarmee saamstem.

 

Dit laat mens wonder, wat word van al die nuus en menings waarmee sy nie saamstem nie?

 

Hopelik is die 'n wekroep vir ons almal. Gooi die Huffington Post op die fopnuus-brandstapel, maar meer as dit – wees uitsonderlik krities oor nuus wat jy inneem. Ons media is vol ideologiese onderrokke wat baie ver uithang – Huffington Post het sopas hulle s'n raakgetrap.

  •  
  •  
  •  
  •  
Connie Mulder Deur Connie Mulder


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close