Solidariteit Blog
Nuus -

Die raaisel van Siener van Rensburg

Siener van Rensburg, in 1864 gebore en op 61 jarige ouderdom oorlede. Beskryf as 'n “Boodskapper van God”, 'n Goddelike volksprofeet en soms ook deur kritici beskryf as 'n waansinnige ongeletterde boer wat universele profesieë maak wat moeilik interpreteerbaar is. Afrikaners oor die algemeen glo sy profesieë, alhoewel soms skepties, glo meeste Afrikaners die woorde wat die man gespreek het.

Tot 'n mate glo ek dat Siener van Rensburg 'n opregte man van God was, hy het ook dikwels aan Christiaan de Wet en Koos de la Rey raad gegee. Met elke groot gebeure in Suid-Afrika gaan grou elke getroue Afrikaner visioene van Siener op om die situasie te verklaar. Eugene Tereblanche is met 'n panga vermink en vermoor, en soos verwag het ek 'n omsend e-pos ontvang met die nuutste profesie wat waar geword het:

“4 April 1915: Ek sien ‘n doodskis wat in ‘n graf afsak, vure wat uitkom, maar een groot vuur wat voor uitkom. Nakende mense verskyn. Ek sit by ‘n tafel en ek breek die tert deur. Dis donker, maar silwer letters verskyn op ‘n blink plaat.”

Lees nou Psalm 12:7 – Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

Vertolking van die visioen: Met die begrafnis van hierdie baie belangrike persoon, sal daar nie net ongekende geweld in die land losbars nie, maar ook ‘n volskaalse burgeroorlog uitbreek (een groot vuur wat voor uitkom). Die Boerevolk sal dan nakend, gestroop van alles wees, en in baie groot benoudheid verkeer.

Nou ja toe, Eugene se dood is al deur Siener in 1915 gesien. Maar het ons genoeg rede om die dinge te glo? Heelwat profesieë van Siener het reeds waar geword, die politieke ondergang van Hertzog, die NP se oorname as regerende party, Mandela se groot rol in Suid-Afrika en sy vrylating, die oorname van 'n swart regering en ek is seker daar is baie klein dinge waarvan ek nie eens weet nie.

 Maar hoe verduidelik Afrikaners die teks:

LEVITIKUS 19:26
Julle mag nie waarsêery en towery beoefen nie.

1 SAMUEL 15:23
Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery.

1 KONINGS 17:17
Die volk het hulle seuns en dogters as offers laat verbrand en hulleself besig gehou met waarsêery en toekomsvoorspelling. Met volkome oorgawe het hulle gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hom uitgetart.

JESAJA 2:6
U het u volk Jakob verstoot: hulle gee hulle oor aan die waarsêery van die ooste, beoefen towery soos die Filistyne en hou saam met vreemdes vas aan bygeloof;

ESEGIËL 13:7
Hulle sien gesigte wat nie daar was nie en hulle verkondig leuens as waarsêery, hulle sê: ‘Die Here sê’, maar Ek het dit nie gesê nie.

  • 10
  •  
  •  
Charl Oberholzer Deur Charl Oberholzer


Back to top