Deur Paul Joubert

 

In wat met die eerste oogopslag dalk as 'n ommekeer in die Suid-Afrikaanse regering se menings oor staatsbesit teenoor privatisering gesien kan word, is die staat se bykans 14%-belang in die selfoonreus Vodacom vandeesweek verkoop. Die moeilikheid is net dat dit spesifiek aan die Openbarebeleggingskorporasie (PIC) verkoop is, wat eintlik ook maar 'n onderafdeling van die staat is. Boonop is die geld wat die staat van die PIC ontvang het vir die aandele dadelik aan 'n ander staatskorporasie, naamlik Eskom, oorbetaal.

 

Die Suid-Afrikaanse regering hamer al jare lank daarop dat die staat “strategiese” redes het om belange in sekere industrieë te hê – iets wat die afgelope paar jaar lekker uitgebrei is, met maatskappye soos Broadband Infraco wat gestig is en intussen net geld spandeer het. Die staat is nou egter in die knyp wat beskikbaarheid van fondse betref, en verbeeldingsvlugte wat geld kos, moet ingekort word. Hopelik is die verkoop van die Vodacom-aandeel die begin van meer sulke gevalle van terugkeer na die werklikheid.

 

Met die Vodacom-transaksie is daar geen implikasies vir die werknemers nie, omdat die staat nie die meerderheid-aandeel in die maatskappy gehad het nie. Die tragiese is wel dat by ander entiteite wat suiwer in die staat se besit is, daar heelwaarskynlik werksverliese sal wees indien die staat van die bedrywighede ontslae sou raak. Dit sal dan 'n gevolg wees van die aanvanklike wanaanwending van kapitaal deur die staat – hoewel die staat dit waarskynlik op “kapitalisme” sal blameer.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close