'n Mens onderskat so maklik die waarde van familie en veral wat boeties en sussie tot jou lewe byvoeg. Jy vertel dalk graag hoe jy en jou jongersussie mekaar te lyf gegaan het oor die televisie-afstandbeheer of hoe jou ouerboetie jou altyd verkleineer het voor sy vriende, maar dit is nie al wat 'n boetie of sussie in jou lewe gedoen het nie.

 

Sonder dat jy dit agtergekom het;

 

het hulle jou die waardevolle eienskap van mededeelsaamheid geleer. Al was dit met 'n vuisgeveg omdat boetie altyd vir homself meer koeldrank ingooi as vir jou of omdat sussie altyd die beste sitplek in die kar vat (verkieslik voor op die passasiersitplek as mamma of pappa nie ook saam ry nie). Hoe sou 'n mens reggekom het in die lewe as jy nie voeg al leer deel het nie?;

 

Het hulle een van die moeilikste dinge in die lewe, geduld, vir jou makliker gemaak om uit te voer. Want hoeveel keer moes jy hoor “myne” of saam in die kar sit en wag totdat boetie se karate-les of sussie se balletles verby is. Geduld en vriendelikheid word menigmale in die Bybel as goeie eienskappe wat beloon sal word genoem. Jou boetie en/of jou sussie het jou daarmee gehelp;

 

Het hulle jou geleer van liefde.  Hoe kwaad 'n mens ook al vir jou boetie of sussie word jy sal altyd lief bly vir hulle want bloed is dikker as water. Hierdie tipe liefde moet betoon word aan die res van die wêreld. Dit is iets waaraan ons almal elke dag moet werk en ons kan terugkyk na ons familie om te sien hoe daardie liefde moet lyk. Onvoorwaardelik!

 

Baie geluk met jou verjaarsdag boetie, ek het baie by jou geleer.

 

 

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close