Algemeen -

Die wêreld is ons woning nie

So het die digter, Totius, gesê.

Die laaste ruk het mense wat ek goed ken, se ouers gesterf. Dit laat mens net weer besef: jou geliefdes gaan nie altyd by jou wees nie. Die tyd raak min – ons moet die meeste van ons tyd saam met hulle maak.

Die dood is van alle besoekers die mees aangekondigde en die mins verwagte – Paul Bourget.

Ons word ouer. Die lewe gaan sy gang. As mens weer kyk is nog 'n week, nog 'n maand verby. Die jaar snel einde se kant toe en die nuwe jaar wink.

Die tyd gaan so gou verby…

Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Jesus Christus – Rom. 6:23.

Ons weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie. Dalk haal ons ook 'n rype ouderdom, dalk nie. Ons weet nie wanneer die laaste uur gaan aanbreek nie, daarom moet ons voluit leef.

Sonder spyt. Sonder verwyt. Sonder verontskuldigings.

Dit maak nie saak hoe lank jy lewe nie, maar hóé.
Dit maak nie saak hoe oud jy is nie, maar hoe jy oud is.
– PJ Baily

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close