Nuus -

Diepsloot-kleuterskool kry nuwe baadjie

Die Solidariteit Beweging (Solidariteit, AfriForum, Helpende Hand en die tegniese kollege, Sol-Tech) gaan eerskomende Woensdag ʼn kleuterskool in Diepsloot, Johannesburg, ʼn splinternuwe baadjie aantrek.

Studente van Solidariteit se tegniese kollege, Sol-Tech, en werknemers van die Solidariteit Beweging gaan die verantwoordelikheid neem om die Golden Seed Nursery School op te knap.

Benewens ʼn nuwe laag verf, gaan die kleuterskool ná die opknappingswerk ook met ʼn afdak, ʼn nuwe plafon en elektriese bedrading spog. Die studente beplan ook om die nodige loodgieterwerk te verrig.

“Dit is tyd dat gemeenskappe begin om na mekaar uit te reik,” verduidelik Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Die Solidariteit Beweging het talle opheffingsprojekte, wat hoofsaaklik op arm wit en Afrikaanse gemeenskappe fokus, wat reeds vrugte afwerp. Deur ons beste praktyke en modelle met ander gemeenskappe te deel, kan ons Suid-Afrika se armoede- en misdaadprobleem daadwerklik begin aanpak en ʼn beter toekoms vir onsself verseker. Ons wil gemeenskappe aanmoedig om beste praktyke met mekaar te deel en om meer begrip vir mekaar se probleme te ontwikkel. Ons nooi gemeenskapsorganisasies in tradisioneel swart arm gemeenskappe uit om ook hulle beste praktyke met ons te kom deel,” voeg hy by.

  •  
  •  
  •  
  •  
Reint Deur Reint


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close