Dis uiteindelik sulke tyd. Die groot bankkosteverslag gaan Dinsdag vrygestel word. Vir diegene met 'n effens korter geheue gee ek weer agtergrond oor die verslag. Absa het druk op die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) geplaas om vinniger te transformeer. In die gesprekke met Absa is aan ons gesê transformasie is in die borgkontrak en die bank dring bloot aan dat die borgvoorwaardes nagekom word. Die debat het kort daarna baie dieper gegaan as bloot rugbytransformasie. Mense het gevoel Absa het sy rug op sy tradisionele kliëntebasis gedraai.

Die Solidariteit Beweging het twee eenvoudige versoeke aan Absa gerig: Absa moes onderneem om nie polities by sport betrokke te raak nie en om nie sy tradisionele kliëntebasis te vervreem nie. Maria Ramos het geweier om aan die versoeke gehoor te gee. Afrikaners se bankrekenings is disproporsioneel ten gunste van Absa. Die rede hiervoor is historiese lojaliteit. Absa het egter besluit om met daardie tradisionele lojaliteit te breek en dat Afrikaners nie meer 'n bank op grond van lojaliteit moet kies nie. Die Solidariteit Beweging het gevoglik 'n tegniese span opdrag gegee om 'n vergelykende studie te doen oor die bankfooie van die groot handelsbanke in Suid-Afrika. Met goeie inligting tot hulle beskikking, sal mense 'n ingeligte besluit kan neem. Ons voorspel hier kom 'n nuwe herskikking van die Afrikaanse bankmark. Hou dié spasie dop.

  •  
  •  
  •  
Deur Dr. Dirk Hermann


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close