Algemeen -

Dit is ‘n nuwe jaar

In die begin van elke jaar het mens groot verwagtinge oor wat die jaar gaan inhou.

Ek glo dat alles in mens se lewe met 'n doel gebeur. Jy leer lesse soos wat jy aangaan. Jy moet soms oor hoë berge klim en die steil afdraandes aandurf. Ander kere is jy op gelykpad. Dit is maar hoe die lewe werk.

Deur ons swaarkry word ons sterker. Dit help mens ook om in die goeie dae te waardeer wat jy het.

Die lewe bly onseker. Ons weet nie wat alles op ons wag nie.

…ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is – Rom. 8:28.

Dit is lekker om uit te sien na al die nuwe dinge wat voorlê in hierdie jaar.

Mag 2015 'n goeie jaar wees!

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close