Algemeen -

Dit is reeds Februarie!

Die eerste maand van 2016 is verby! Die vakansie is ‘n veraf herinnering en ons is almal weer terug in die lewe se dolle gejaag. Êrens heen op pad. Besig met iets.

Dit is erg om te besef dat die tyd so voortsnel. Die een jaar volg die ander vinniger op as die vorige. Die tyd vlieg te gou verby…

Ons sê so maklik: “Ek het nie tyd nie!”

‘n Anonieme persoon het die volgende gesê:

“Maak tyd om te werk – dit is die prys van sukses.
Maak tyd om te dink – dit is die bron van krag.
Maak tyd om te speel – dit is die geheim van ewige jeug.
Maak tyd om te lees – dit is die fontein van wysheid.
Maak tyd om vriendelik te wees – dit is die pad na geluk.
Maak tyd om lief te hê en liefde te kan ontvang – dit is die voorreg van verloste mense.
Maak tyd om te lag – dit is musiek vir die siel.
Maak tyd vir God – dit is die enigste standhoudende belegging.”

Waarvoor gaan jy tyd maak in die volgende 11 maande van 2016?

Maak tyd vir die dinge wat werklik saak maak.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close