Eieliefde

Geskryf deur: Marisa Engelbrecht


Wat is haat? Is haat wanneer jy iemand vloek? Is dit wanneer jy jou vir iemand vererg? Iemand wil vermoor? Iemand wil omry van woede? Iemand wil aanrand? Is haat regtig so eenvoudig? So óf wit óf swart?

 

Ja, die antwoord is eintlik regtig so eenvoudig. Haat is ‘n gebrek aan naasteliefde. As geskape mense wat die lewensasem van die Heilige Vader ontvang het, het ons gesondig, en vandag nog is ons van nature geneig om God en ons naaste te haat. Dit verg daadwerklike erkenning van sonde, erkenning van reg en verkeerd, erkenning van hard werk daaraan om ‘n beter mens te wil wees, om naasteliefde werklik deel van jou lewe te maak.

 

As ek oor die rooi lig jaag om tog net ook oor te kom in plaas daarvan om eerder te stop en die arme drommel wat moet draai ook ‘n beurt te gee om veilig oor die kruising te kom, is dit naasteliefde? Nee, dis eieliefde. Eieliefde want my behoeftes kom eerste. Ek ken tog mos nie persoon in die ander kar nie. Ek gee mos tog nie om wat in sy/haar lewe aangaan nie. Hoekom sal ek? Daardie gesig in die ander motor is ‘n onbekende gesig. My liefde stop tog sekerlik net by my gesin, familie en vriende (as hulle my nie kwaad maak nie, natuurlik).

 

Eieliefde

 

As ek met ‘n bulderende stem in die vergadering vir die man/vrou aan die oorkant van die tafel goed beduie hoe useless hy/sy nou eintlik is en hoe dom-onnosel hulle is, is dit naasteliefde? Die frustrasievlakke is dan hoog. Die persoon wou nie vir my luister nie. Die persoon het dit nie gedoen soos ek gesê het nie. Idioot! Eieliefde. Dit was MY opinie. MY persepsie. MY idee. Ek sal want ek kan. Eieliefde, nie die liefde vir my naaste nie. Nie die liefde vir die groter prentjie nie. Nie die liefde vir my roeping nie.

 

Ons eieliefde word eendag ons kinders se eieliefde. Hulle sien en hulle doen uit voorbeeld. Hoe ek met my kollega in die vergadering praat, is ook hoe ek met my naaste mense praat as EK dieselfde emosies en frustrasies voel. Daardie ek-wil-tog-net-vinnig-oorry optrede is tog nie anders as die kinders is die kar is nie. Of is dit? Indien wel, hoekom?

 

My eieliefde word eendag my kinders se eieliefde. Waar gaan EK kan dan in die prentjie pas?

  •  
  •  
  •  
  •  
Deel hierdie:

Leave a Reply

Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close