Ekonomie -

Eskom-tariewe verdriedubbel in sewe jaar

Eskom-tariewe AFRSedert 2007 het Eskom se gemiddelde elektrisiteitstariewe kumulatief met byna 280% gestyg. Indien die maatskappy sy beoogde 25,3%-verhogings deur die loop van 2015 instel, sal die kumulatiewe styging in elektrisiteitspryse oor die afgelope agt jaar sowat 366% bereik.
 

Om dit in perspektief te stel: die verbruikersprysindeks het van 2007 tot 2015 met slegs 63% gestyg. Selfs met die verwagte styging vir April ingesluit, sal petrol se prys in April 2015 slegs sowat 90% hoër wees as wat dit in 2007 was.

 

Die prys van elektrisiteit is werklik ʼn groot uitskieter, en dit het nie eens gestyg omdat die “gehalte” daarvan verbeter het nie, inteendeel!

  •  
  •  
  •  
  •  
Paul Joubert Deur Paul Joubert


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close