Facebook is hierdie week 10-jaar oud. Suid-Afrikaners is dalk nog nie 10 jaar deel van die Facebook-gebruikers nie, maar die paar jaar wat ons al deel is van die globale netwerk het werklik vinnige verby gegaan. Die vraag is nou, sal hierdie netwerk nog 10 jaar oorleef?

 

Kritici meen dat Facebook nie meer lank met ons gaan wees nie, en is tien-teen-een die “stepping stone” vir die volgende nuwe ding.

 

Facebook het Mark Zuckerburg, stigter van die netwerk, een van die jongste miljardêrs ter wêreld gemaak. Maar soos met baie dinge was Facebook blykbaar ook net 'n fase vir die mensdom gewees, tieners dink reeds Facebook is nie meer ‘koel’ nie.

 

Dit is moeilik om te glo dat daar mense is wat dink dat Facebook se tyd so gou verby is as 'n mens kyk na die statistiek in verband daarmee. Die boodskapdiens, Messender, se gebruikers het oor die laaste kwartaal met 70% gegroei en kan moontlik die voete weer terug kry op Facebook in plaas van die kompetisie soos Intagram, You Tube en Twitter om maar 'n paar te noem.

 

Wat dink jy? Het Facebook sy einde bereik met 'n stadige agteruitgang of gaan dit nog baie jare deel wees van die sosiale wêreld?

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close