Politiek -

Fikile, Tony, Hlaudi en Panyaza (probeer) 'n braai hou!

Eendag, nie te lank gelede nie, het 'n groepie boesemvriende besluit om 'n gemeenskapsbraai te hou. Die klem het natuurlik op die woord gemeenskap geval aangesien almal in die gemeenskap daarby sou baat en almal voordeel uit hierdie geleentheid sou trek. Die eregaste, en ook sommer die koördineerders van die funksie, het Tony Ehrenreich, Fikile Mbalula, Hlaudi Motsoeneng en Panyaza Lesufi ingesluit.

Hierdie braaiers moes onder mekaar besluit hoe hulle tot 'n besluit sou kom oor die logistieke reëlings; waar hulle gaan braai; wie wat na die braai toe bring; wie die vuur aansteek; wie die vleis bring en wie heuning om die gemeenskapslede se monde smeer. Dit was 'n moeilike besluit omdat hulleself, en nie die publiek nie, die vuur gestook moes kry aangesien omkoopgeld en belasting nie die vleis, pap en sous sou finansier nie. Die grootste dilemma was egter die bekommernis dat hulle dit immers 'n gemeenskapsbraai gedoop het en daarby moes hou.

Panyaza moes eers besluit in watter gebied hulle sou braai en watter gemeenskapslede voordeel daaruit sou trek. Hy het egter gesukkel en toe die sones so effe geplooi sodat die braai baie meer verteenwoordigend sou wees.

Fikile het gevoel dat hy dalk die vuur kan aansteek. Hy kan die vuur vinnig en maklik aan die gang kry. Hy reken hy ken die hout baie goed en beskik oor die regte vuurhoutjies. Hulle het  ook gesamentlik besluit dat sodra die vuur brand, iemand, dalk ‘n ou soos Tony, die vuur verder kan aanblaas. Almal stem in dat Fikile die vuur aansteek. Hy moet daarop fokus om die vuur baie groot te maak en om dalk so ’n ekstra paar houte op te gooi. Intussen het Tony besluit om te blaas; hy blaas waar hy kan om die vuur aan die gang te hou. Wanneer blaas nie goed genoeg werk nie, probeer hy ander metodes om die vuur aan die gang te waai of te stook. Van die gemeenskapsgaste frons oor sy vreemde tegnieke, maar Tony fokus op die vuur.

Hlaudie Moetseneng het daar in ’n hoekie gesit, die storie so bekyk en toe by homself besluit:  “Hierdie gemors saai ek nêrens nie uit nie!”

Minister-of-Sport-Fikile-Mbalulaaphiwe01me_619353570

  •  
  •  
  •  
Deur juran


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close