Algemeen -

Geniet die rit

Elkeen het 'n lewensreis om te voltooi.

Ons moet ons eie paadjie loop. Lesse leer wat nodig is vir ons groei. Lewenswysheid put uit ons omstandighede.

Dit is soms nodig dat dit donker om ons is, sodat ons iets kan raaksien wat andersins onsigbaar is.

Wanneer dit donker genoeg is, sien mense die sterre – Ralph Waldo Emerson.

Om terug te kyk maak mens dankbaar vir wat jy geleer het. Elke treë wat jy die duister ingegee het, was tóg die moeite werd.

Al was dit moeilik. Al moes jy blindelings vertrou dat die uitkoms naby was. Al kon jy nie weet hoe dinge sou uitwerk nie.

Mens kyk soms na ander en dink: “Ek wens my lewe kon ook só wees.” “Ek wens ek kon ook daardie dinge gehad het.”

Geniet jou lewensreis. Hou op om ander hulle s'n te beny. Dit mag wees dat hulle dit tóg nie so maklik het as wat dit vir jou voorkom nie.

Jy beny my blink skoene omdat jy nie weet van die liddorings wat binne-in is nie – CJ Langenhoven.

Die lewe is ‘n reis, geniet JOU rit!

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close