Ekonomie, My geld, My Gesondheid, SNI -

Gesondheidsorg is toe nou nie ‘n fundamentele reg nie

Wat is gesondheidsorg? Dit is diens wat deur 'n baie groot verskeidenheid van mense gelewer word. Dis maklik om hierdie saak verskriklik ingewikkeld te maak – ek kan begin praat oor die mense wat die verkryging van die medikamente doen, diegene wat dit verkoop, vervoer en so aan. Tog, kom ons hou dit eenvoudig. Kom ons praat net oor die uiteindelike diens. Gesondheidsorg bestaan eintlik maar net uit die arbeid van gesondheidspraktisyns, dit wil sê, dokters, verpleegsters, spesialiste, tandartse ensovoorts. Wat sou dit dus beteken as gesondheidsorg jou menslike reg was? Het jy dan 'n reg tot 'n ander mens se arbeid? Kan jy die mag van die staat gebruik om daardie individue te forseer om jou te behandel? Dink jy dis reg? Dink jy slawerny is reg? Want daar bestaan weinig verskille tussen die twee.

Die probleem is dat ons grondwet deurspek is met allerlei “positiewe regte” soos die van gesondheidsorg. Hierdie is die tipe regte waar die staat positiewe aksie kan neem om te probeer om die reg vol te maak. Die probleem? Die blote feit dat 'n grondwet iets verkondig as 'n menslike reg maak nie dat daardie ding wonderbaarlik net verwesenlik nie. Verder, beteken dit ook nie dat die regering wat dit moet uitvoer eweskielik bevoeg is of die wêreld se voorste kenners op dié betrokke veld is nie. Wat dit egter wel veroorsaak, is dat die staat hierdie positiewe regte kan misbruik om enige denkbare vergroting van hul mag te regverdig. Elke keer wat die grondwet sê “Alle Suid-Afrikaners het 'n reg tot […]” en dit gevolg word deur 'n positiewe stelling dan kon dit netsowel gelees het: “Die Suid-Afrikaanse regering mag enigiets nasionaliseer, onder kuratorskap neem, onteien, of belastings hef wanneer hulle glo dat dit in die proses van die verwesenliking van [daardie positiewe reg]” is.

Vergelyk hierdie met die Amerikaanse grondwet. Dáár is feitlik al hulle regte negatief. Dit wil sê dit verbied die regering om in te tree. Anders gestel, dit beskerm burgers van die tirannie van 'n staat met te veel mag. Dit was immers nog altyd die doel van 'n grondwet – om te probeer om landsburgers te beskerm in hulle ongelyke vertikale verhouding teenoor die staat wat van nature probeer om elke aspek van hul lewens te beheer.

  • 29
  •  
  •  
  •  
Morne Malan Deur Morne Malan


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close