My geld -

Gewoontes om jou produktiwiteit te verhoog

Die meeste van ons het die jaar met die voorneme begin om meer produktief te wees, maar dit is al Februarie en jy kan al klaar weer nie voorkom met al die e-posse en papierwerk wat besig is om jou te versmoor nie, ondanks die voorneme om produktief te wees.

Volgens Robert Pozen, professor verbonde aan die Harvard Business School, lê die sukses om meer produktief te wees daarin om te weet wat jou prioriteite is.

Hier is 'n paar gewoontes wat jy kan aanleer om jou te help om jou prioriteite te bepaal ten einde meer produktief te wees.

  1. Moenie dat e-pos jou produktiwiteit belemmer nie

As dit by produktiwiteit kom, is e-posse sekerlik een van ons grootste hindernisse. E-posse kan 'n mens soms oorweldig, veral as jy 'n rukkie uit die kantoor was en terugkom na 300 e-posse wat vir jou lê en wag. Om te vermy dat jy ure spandeer om jou e-posse te lees, skandeer vlugtig daardeur en kyk dan eerste na die onderwerpe om te besluit wat die belangrikste is om te lees.

  1. Benader jou werk stelselmatig en met deeglike beplanning

Produktiewe mense werk volgens ’n stelsel. Sodra jy by die werk kom, kyk na jou daaglikse take en maak seker jy handel dit af. Moenie twee take op een slag aanpak nie, anders gaan jy nie een klaarkry nie. Pak die bul by die horings en handel take een vir een af. Op die manier sal jy vinnig agterkom wat die werkslading is wat jy effektief kan hanteer.

  1. Fokus op wat jy doen eerder as op hoe lank dit jou geneem het om dit te doen

Produktiwiteit gaan oor hoeveel werk jy suksesvol voltooi het en nie oor hoeveel ure jy daaraan gewerk het nie. Dit is belangrik dat jy eerder sal kyk na wat jy gedoen wil kry as na hoe lank jy wil werk.

  1. Wees konsensieus en pligsgetrou

Konsensieuse, gedissiplineerde en georganiseerde mense is gewoonlik die produktiefste mense, maar daar moet 'n goeie balans wees. Die probleem met perfeksionisme is dat jy geneig is om te veel tyd te daaraan te bestee om seker te maak jou werk is perfek.

Bron: Sarie

  •  
  •  
  •  
Wilmarie Brits Deur Wilmarie Brits


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close