Algemeen -

Goed begin is half gewin

Só lui 'n Afrikaanse spreekwoord.

Stel jou mikpunte. Begin om dit na te volg en jy is op die pad na sukses.

Die begin is die belangrikste deel van die werk – Plato.

“Ek sal dit môre doen”. “Ek sal later daaraan aandag gee”. “Daar is nog baie tyd…” Hierdie is die ou-ou verskonings van uitstel.

'n Spaanse spreekwoord lui: Môre is dikwels die besigste dag van die week en Netnou-straat lei na Nooit-nie-plein.

Hou op verskonings soek oor hoekom dit nie kan werk nie.

Niks sal ooit aangepak word as alle obstruksies eers verwyder moet word nie – Samuel Johnson.

Hindernisse in die pad van die swakkes word die plaveistene op die pad van die sterkes – Thomas Carlyle.

Sien jou geleenthede raak.

'n Wyse man sal meer geleenthede maak as wat hy vind – Francis Bacon.

Die jaar is nog in sy kinderskoene. Jy het nog tyd om goed te begin.

Begin vandag.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close