My Werk -

Goeie gewoontes wat jou sal help om sukses te behaal

Roetine is nie noodwendig 'n slegte ding nie, maar om in 'n roetine te verval sonder om nou en dan verandering mee te bring, kan dikwels tot gevolg hê dat jy van jou doelwitte en mikpunte vergeet. Hier is vyf gewoontes wat jy gerus kan aanleer om seker te maak jy behaal sukses in jou werkslewe:

  1. Neem verantwoordelikheid

Neem verantwoordelikheid vir jou werk, selfs al het ’n projek waarvoor jy verantwoordelik was verkeerd geloop. Om verantwoordelikheid te neem help ook om 'n gesonde atmosfeer en gees in die werkplek te skep.

  1. Wees proaktief

As jy tot jou werk verbind wil voel en ’n doel daarin wil vind, moet jy sowel jou vaardighede as jou persoonlikheid daarin werp. Leef wie jy is op ’n proaktiewe wyse uit. Dit sal jou in staat stel om jou persoonlike stempel op ’n taak af te druk.

  1. Wees gretig om deel van die span te wees

Alhoewel jy moontlik ’n harde werker en uitkomsgedrewe is, is dit baie belangrik om te besef dat jou individuele poging slegs deel van ’n groter spanpoging is. Skakel dus in en wees deel van die span om só in gesamentlike doelwitte te deel en hulle te verwesenlik.

  1. Wees bereid om te leer

Wees altyd gretig om te leer. Dit maak nie saak hoe oud jy is of oor hoeveel kennis jy beskik nie. As jy daarop ingestel is om altyd te leer, sal jy nie verveeld raak in jou werk nie. Bly op hoogte van die nuutste ontwikkelinge in jou veld.

  1. Van uitstel kom afstel

Moenie take uitstel nie. Om die heeltyd uit te stel, veroorsaak dikwels dat daar paniekbevange oomblikke teen die doeldatum is. Moenie bang wees om te doen nie!

 

 

  •  
  •  
  •  
Wilmarie Brits Deur Wilmarie Brits


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close