Algemeen, Godsdiens -

Goeie Vrydag

Hierdie tyd van die jaar is die winkels vol “paas-hase” en paaseiers. Dit is 'n lekker langnaweek en almal maak planne om bietjie weg te breek.

Dit is egter nie waaroor Paasfees gaan nie.

Vir ons as Christene is Paasfees die herdenking van ons Verlosser se kruisiging en opstanding.

Die gebeure rondom die kruis van Jesus bly altyd opnuut wonderlik. Die evangelie is vervul. Die Here het opgestaan! Hy het die dood oorwin. Hy wat onskuldig was, hang saam met rowers en moordenaars. Hy het die straf vir ons gedra sodat ons die ewige lewe kan hê.

Jesus Christus se kruiswoorde laat altyd 'n knop in my keel. Veral toe Hy dit uitroep: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? – Matt. 27:46.

God het ons eerste liefgehad. Hy gee sy Seun sodat ons gered kan word.

Mag jy opnuut die blye boodskap in hierdie Paastyd ervaar.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close