Algemeen -

Hier is my storie

Hans  (1631 – 1671) kom in 1657 in Kaap aan. Hy was Vryburger en draai sy gesig na Afrika. ‘n Leeu het hom doodgebyt. Nicolaas (1666 – 1713) boer by Drakenstein. Franse Hugenote kom in die tyd in Kaap aan. Hendrik (1709 – sterfdatum onbekend) was deel van Barbier opstand. Weerstand teen die owerheid. Marthinus David (1735 – sterfdatum onbekend)  nog in die Kaap, die klimaat vir die Groot Trek bou op. Marthinus Nicolaas (1780 – sterfdatum onbekend) trek na onveilige toestande aan grens. Hulle beleef moord op Piet Retief, Blouransmoorde en Bloedrivier. Trek verder tot Standerton. Williem Adriaan (1824 – 1890)

Boer en Zuid-Afrikaanse Republliek word gestig. Marthinus Nicolaas (1856 – 1942) veg by Majuba en Boere wen Eerste Vryheidsoorlog. As banneling weggestuur in Tweede Vryheidsoorlog. Vrou en kind dood in konsentrasiekamp. Dogter, Christina, my ouma, oorleef die kamp, Hy help met opstaan na die oorlog. Jacobus Johannes (1900 – 1970) arm in depressie. Kry baie swaar. Was bouer. Marthinus Nicolaas (1936 – ) (my pa) was kind van depressie. Arm groot geword. Breek uit armoede deur harde werk en word voorste sakeman. Dirk Hermann (1972 – ) (dis nou ek) voltyds besig om toekoms te skep vir my vier dogters en hul kinders waarin Afrikaners vry, veilig en voorspoedig kan wees.

11 geslagte aan die Suidpunt van Afrika, meer as Julius en kie.

Stories van uithou, aanhou, swaarkry en opstaan. Trots op almal, foute en al.

Basta, ons voetspore is in Afrika.

  •  
  •  
  •  
Dr. Dirk Hermann Deur Dr. Dirk Hermann


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close