Nuus -

Hiervoor sal ek honger bly

Ek is lief vir kosmaak en onthaal, maar volgende week, 26 en 27 Julie om presies te wees, gaan ek ver uit die kombuis bly. Om die waarheid te sê, ek gaan honger bly. Nie om maerder te word nie (hoewel ek dit sou verwelkom), maar om my steun vir ‘n baie goeie saak te wys.

Ek gaan aan Solidariteit Helpende Hand se massa-eetstaking deelneem. Die eerste massa-eetstaking in 2011 het met behulp van sosiale media ’n bedrag van R65 000 binne agt ure ingesamel. Die eetstaking help mense om met minderbevoorregte kleuters se nood te identifiseer. Die idee is dat jy die geld wat jy sou spandeer het op kos vir daardie dag aan Helpende Hand skenk. Dit word dan aangewend om voedingskemas in behoeftige kleuterskole op die been te kry.

Sosiale media (Facebook/Twitter/SMS’e) word gebruik om die projek te bemark en mense aan te moedig en uit te daag om aan die eetstaking deel te neem en om bydraes vir die Kosblikkieprojek te maak.

Hoe werk dit?

  1. Neem deel aan die eetstaking op 26 en/of 27 Julie (enige tydperk van 24 uur op daardie twee dae).
  2. Skenk die geld wat jy sou spandeer het op kos vir die dag (of jou snoepiegeld, uiteetgeld, fliekgeld, Loftus-geld of sjokoladegeld) vir die Kosblikkieprojek.
  3. Gebruik die eetstaking-logo as jou profielfoto op Facebook en daag jou Facebook-vriende/Twitter-volgelinge uit om ook bydraes vir die projek te maak. (Jy kan sommer nou reeds begin!)

SMS “Kosblik” na 38657 en skenk R10 of maak ’n skenking:

Helpende Hand
FNB Centurion – takkode: 250655
Rekeningnommer:  6233 14455 03
Verwysing: Eetstaking

  •  
  •  
  •  
  •  
Moira Kloppers Deur Moira Kloppers


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close