My Gesondheid -

Hoe beïnvloed die huidige ekonomiese klimaat jou mediese uitgawes?

Deur Lezaan van Veenhuyzen

 

Die koste van mediese dienste styg voortdurend en ons begrotings hou eenvoudig nie meer by nie. Die huidige ekonomiese klimaat plaas gehalte mediese sorg buite die bereik van die meeste Suid-Afrikaners. Volgens Statistiek SA het die verbuikersprysinflasiekoers van 6,2% na 7% geklim, wat beteken dat jy meer as gewoonlik moet opdok vir petrol, behuising, vervoer en medisyne.

 

Waarom kos medisyne en gesondheidsorg jou meer?

 

Die swakker rand is deels te blameer vir die hoër pryse van sekere ingevoerde medisyne en mediese toerusting, maar die lae groeivooruitsigte vir die Suid-Afrikaanse ekonomie speel ook ’n rol.

 

Volgens Statistiek SA staan die werkloosheidskoers in Suid-Afrika tans op die hoogste vlak nog, naamlik 26,6%. Dit veroorsaak dat meer mense hul mediesefondsdekking kanselleer om geld te spaar, wat dit vir mediese fondse moeilik maak om die hoër mediese uitgawes te kan dek. Gevolglik het skemas geen keuse nie as om lede se maandelikse premies te verhoog.

 

Nog ’n faktor wat ’n rol speel, is die petrolprys. Die koste verbonde aan die vervoer van medisyne en mediese toerusting is by die kleinhandelsprys ingesluit en dra by tot die hoë koste van medisyne.

 

Wat kan jy doen om die ekonomiese impak op jou mediese uitgawes te verhoed?

 

Begin deur jou huiswerk te doen en seker te maak jy betaal nie te veel vir jou medisyne nie. Maak gebruik van spesiale aanbiedings of afslagooreenkomste wat jou mediese fonds met sekere apteke onderhandel het. Vra jou dokter om generiese middels voor te skryf wat heelwat goedkoper as duur handelsmerkprodukte is.

 

Gesels ook met jou mediesefondsadviseur oor die moontlikheid om na ’n ander voordele-opsie te verwissel wat meer bekostigbaar is, maar steeds jou belangrikste mediese uitgawes sal dek.

Laastens moet jy sorg dat jy en jou gesin ’n gesonde leefstyl volg sodat dit nie vir julle nodig is om duur medisyne te neem vir leefstylsiektes soos hoë bloeddruk, vetsug en selfs diabetes nie.

 

Sluit vandag nog aan by Medihelp!

Neem beheer van jou gesondheid deur by Medihelp mediese skema aan te sluit, waar ons voordele vir voorkomende sorg bied soos gesondheidstoetse om jou bloedglukose, cholesterol en bloeddruk te meet.

  •  
  •  
  •  
cilleste Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close