Algemeen -

Hoe meer dinge verander…

Die volgende aanhaling van die eertydse Amerikaanse president, Abraham Lincoln, laat my baie dink aan wat vandag nog gebeur. Daar is soveel waarheid in elke ding wat hy noem:

“Jy kan nie die swakke versterk
deur die sterke te verswak nie.
Jy kan nie die klein man help
deur die groot mans af te breek nie.
Jy kan nie die armoediges help
deur die rykes te vernietig nie.
Jy kan nie die werknemer help
deur die werkgewer af te trek nie.
Jy kan nie uit die moeilikheid bly
deur meer as jou inkomste te spandeer nie.
Jy kan nie broederskap van die mens bevorder
deur haat tussen klasse te bevorder nie.
Jy kan nie sekuriteit skep
deur geleende geld nie.
Jy kan nie karakter en moed bou
deur 'n mens se inisiatief en onafhanklikheid weg te neem nie.
Jy kan nie mense permanent help
deur dit vir hulle te doen wat hulle self kan en behoort te doen nie.”

Daar is mos die sê-ding: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde (Jean-Baptiste Alphonse Karr).

Die geskiedenis herhaal homself oor en oor. Mense van vandag maak dieselfde foute as hulle voorgangers.

Wat het verander? Die vraagstukke is die selfde. Ons wou vrede op aarde en liefde en begrip tussen almal gehad het. Ons het geleer dat verandering stadig plaasvind – Paul McCartney.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close