My Werk -

Hoe om meer produktief te wees

Ongelukkig is daar net 24 uur tot ons beskikking in een dag. Dit wil vir my partykeer voorkom of sommige mense dubbeld soveel tyd het as ander omdat hulle soveel meer in een dag gedoen kry. Daar is egter geen beter manier om jou persoonlike doelwitte te behaal as om maniere te vind om jou tyd meer effektief te bestuur nie. Die geheim is egter nie om langer of harder te werk nie maar eerder om meer produktief te wees.

Hier is ’n paar wenke wat jou sal help om meer produktief te wees:

  1. Moenie twee keer aan dieselfde ding raak nie.

Seker een van die grootste tydverkwisters is om take uit te stel. Moenie ’n taak uitstel in die veronderstelling om later daaraan aandag te gee nie. Wanneer iets op jou tafel beland, moet jy een van drie keuses maak: hanteer dit, delegeer dit,of skrap dit.

  1. Hanteer die slegste eerste.

’n Goeie wenk is om die take waarteen jy die meeste opsien, eerste te hanteer. Sodoende sal jy vinniger by die take kan uitkom wat jou inspireer en opgewonde maak.

  1. Beveg die oorheersing van dringende sake.

Dringende sake wat nou aandag verg, het die geneigdheid om jou te weerhou van die sake wat werklik belangrik is. Soms is dit nodig om vure dood te slaan, maar waak daarteen dat die vure jou weghou van die take wat van belang is en sodoende jou werkprestasie beïnvloed.

  1. Sê nee.

Nee is ’n kragtige woord. Wanneer dit tyd is om nee te sê, moenie iets soos “Ek dink nie ek sal kan nie” sê nie. Deur nee te sê wys jy dat jy toegewyd is aan jou huidige take.

  1. Pasop om te ‘multitask’.

‘Multitasking’ vermors baie tyd en belemmer ook produktiwiteit. Om te verseker dat jy by al jou take uitkom, is dit belangrik dat jy een ding op ’n slag doen sodat jou aandag nie van jou huidige taak afgelei word nie.

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Francois Redelinghuys Deur Francois Redelinghuys


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close