Algemeen, My Gesondheid -

Hoe vatbaar is ek vir borskanker?

Vier deurslaggewende vrae om jou risiko te bepaal.

 

Vraag 1: Is borskanker oorerflik?
Ja en nee. Jy kan ’n beskadigde geen van jou ma of jou pa erf wat jou risiko vir kanker verhoog, maar ’n ongesonde leefstyl of blootstelling aan sekere chemikalieë en bestraling kan ook jou kanse vergroot.

 

Vraag 2: Het ek ’n familiegeskiedenis van kanker?
Om te bepaal of jy ’n familiegeskiedenis van kanker het, is dit belangrik om die gesondheid van jou naaste, kernfamilie asook jou ander bloedverwante in ag te neem.

 

Die gene waarmee jy gebore word, kan beslis jou kanse verhoog om verskeie soorte kanker te ontwikkel. Tot soveel as 5-10% van alle borskankers word geneties oorgedra en is gewoonlik aggressiewer as die nie-oorerflike tipes.

 

As dit kom by borskanker, is dit noodsaaklik om vas te stel of jou ma, jou pa se ma, jou ma se ma of enige ander vroue in jou familie borskanker het/gehad het. Indien een van jou bloedverwante kanker het/gehad het, is die volgende vrae baie belangrik:
1. Hoe nou is die persoon verwant aan jou?
2. Op watter ouderdom is sy gediagnoseer?

 

Vraag 3: Wat moet ek doen as ek ’n familiegeskiedenis van kanker het?
Moenie paniekerig raak nie. Gesels met jou dokter oor bloedtoetse wat enige genetiese mutasies kan identifiseer, hy sal jou deur die proses lei. Jy kan ook ’n voorkomende mastektomie oorweeg wat jou kanse op borskanker aansienlik sal verlaag. As jy nie so ’n drastiese stap wil doen nie, oorweeg dan ’n siftingsprogram vir vroeë bespeuring, soos een van die volgende:
• Magnetiese resonansiebeelding (MRB) van die borste
• Jaarlikse mammogramme
• Jaarlikse kliniese borsondersoeke

 

Vraag 4: Hoe kan ek my kanse verminder om borskanker op te doen?
Voorkoming is beter as genesing, dus kan jy leefstylveranderings oorweeg wat sal help om borskanker te voorkom, veral as jy ’n hoërisikogeval is:
• Handhaaf ’n gesonde gewig – Vetsug, veral ná menopouse, verhoog jou kanse op borskanker.
• Oefen gereeld – Fisieke aktiwiteit kan jou help om ’n gesonde gewig te handhaaf. Die departement van gesondheid beveel ten minste 150 minute se matige aërobiese oefening of 75 minute se strawwer oefening elke week aan.
• Beperk jou alkoholinname – Dis raadsaam om alkohol heeltemal te vermy, maar as jy besluit om te drink, moet dan nie meer as een drankie per dag inneem nie.
• Hou op rook – Daar is oortuigende bewyse dat rook verband hou met ’n hoër kankerrisiko.
• Beperk hormoonvervanging – Vra jou dokter om alternatiewe vir hormoonvervanging of oor maniere om die dosis te verminder.
• Borsvoed jou babas – Borsvoeding, veral vir lang tye, kan ’n positiewe effek op die voorkoming van borskanker hê.

 

Sluit vandag nog by Medihelp Mediese Skema aan
Dis maklik om by Medihelp aan te sluit – gesels bloot met ’n Medihelp-adviseur wat al ons voordele-opsies aan jou sal verduidelik, jou sal help om die regte opsie te kies en jou met die aansoekproses sal bystaan. Klik hier en voltooi al die velde as jy wil hê dat ’n Medihelp-adviseur jou moet kontak.

Bronne:

http://www.breastcancer.org/symptoms/testing/genetic/pos_results
http://ww5.komen.org/BreastCancer/GeneMutationsampGeneticTesting.html
http://www.cancer.gov/about-cancer/causes-prevention/genetics/brca-fact-sheet

  •  
  •  
  •  
cilleste Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close