My Gesondheid -

Hoeveel ure per dag bring jy op jou sitvlak deur?

Die gemiddelde Suid-Afrikaanse kantoorwerker sit daagliks vir meer as 10 ure lank by die kantoor. Tuis word nog meer tyd op ’n bank voor die TV of ’n stoel voor die rekenaar deurgebring. Dit veroorsaak gesondheidsprobleme wat nie omgekeer kan word bloot deur ’n gemiddelde daaglikse oefensessie van 30-60 minute te volg nie.

 

Wat is die newe-effekte van te veel sit?

 

As jy te veel sit, kan jy die volgende newe-effekte ervaar:

 

Hartsiekte

Onaktiwiteit verlaag bloedsirkulasie en die tempo waarteen jou liggaam vet verbrand. Gevolglik pak vetsure in die are saam wat tot hartsiekte kan lei.

 

Diabetes

As jy lank stil sit, affekteer dit die manier waarop jou liggaam op insulien reageer. Die pankreas vervaardig meer insulien, wat die kanse verhoog dat jy diabetes kan kry.

 

Verteringsprobleme

As jy onaktief is nadat jy geëet het, word die kos saamgepers en vertraag dit die verteringsproses. Die volgende is simptome van ’n trae verteringstelsel:

  • Krampe
  • Opgeblasenheid
  • Hardlywigheid
  • Sooibrand
  • Disbiose

 

Postuurprobleme

As jy by ’n tafel sit, veral terwyl jy op ’n rekenaar werk, kan jou postuur jou nek-, skouer- en rugspiere ooreis. Dit kan kort- en langtermynskade aan jou liggaam veroorsaak.

 

Geesteskwessies

As jou liggaam vir te lank sedentêr is, verlangsaam jou breinfunksie. Die brein benodig gesonde bloedvloei en suurstof om beter te funksioneer.

 

Verswakte abdominale spiere

Wanneer jy staan, is jou abdominale spiere gespanne. As jy elke dag vir te lank aaneen sit, verswak jou abdominale spiere. Dit kan lei tot laerugpyn.

 

Heupprobleme

’n Sedentêre leefstyl veroorsaak dat die heupfleksors verkort, wat kan bydra tot rugpyn en die beweeglikheid van die heupe verminder. Dit kan veroorsaak dat bejaardes val en frakture opdoen.

 

Spatare

Deur te lank te sit, verswak die sirkulasie in die bene. Dit lei weer tot geswelde enkels, spatare en die selfs ernstiger toestand bloedklonte.

 

Hoe kan jy die newe-effekte van te veel sit teenwerk?

  • Sorg dat jy regop sit terwyl jy by jou tafel werk
  • Staan ten minste een keer per uur op
  • Staan op en stap na jou kollegas se tafels pleks van om vir hulle e-pos te stuur
  • Parkeer verder weg van die kantoor
  • Gaan stap tydens middagete
  • Oefen elke dag vir 30-60 minute
  • Sit vir ’n paar uur elke dag op ’n oefenbal by jou tafel

 

Sluit by Medihelp se eie welstandsprogram aan

Medihelp Mediese Skema is altyd op soek na maniere om die lewens en gesondheid van ons lede te verbeter – daarom is ons baie trots op ons eie gesondheids- en welstandsprogram HealthPrint.

 

HealthPrint is ’n gratis aanlyn program eksklusief vir Medihelp-lede, waarmee jy jou gesondheidstatus kan monitor en toegang tot jou eisegeskiedenis en voordele kry terwyl jy die waarde geniet wat HealthPrint se vennote bied. Lees meer oor HealthPrint by www.medihelp.co.za.

  •  
  •  
  •  
cilleste Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close