Algemeen -

Hoop

Wat ‘n mens in hierdie lewe die allernodigste het, is iets om te doen, iets om lief te hê en iets waarop hy kan hoop – Joseph Addison.

Hoop is ‘n kort woordjie maar is gelaai met betekenis. Dit is om ‘n verwagting te hê dat dit goed sal gaan. Om goeie vooruitsigte te hê – al lyk dit soms donker. Om hoopvol te wees omdat jy weet Iemand anders is in beheer.

Ons wat Christus volg, het die hoop van die kruis.
Om aan dié hoop vas te hou, ondanks die pyn van die lewe, is die wildernis wat elke Christen daagliks moet deur.
Maar juis dáár is Christus.
– Thomas Merton.

Dit is altyd sleg wanneer iemand sê: “Dit is ‘n hopelose situasie”. “Ek gee op”. “Ek het nie meer hoop vir die toekoms nie”.

CJ Langenhoven het tereg opgemerk: Vir die man wat sonder hoop is, is daar min hoop.

Ons moet ook vir mekaar hoop gee.

Vir vriende wat deur ‘n moeilike tyd gaan, vir familie wat voel hulle het nie meer krag nie. Vir elkeen wat op ons pad gestuur is, moet ons hoop gee.

Soms faal ons self ook – dit is asof ons opgee op ons drome omdat dit nie vinnig genoeg na ons sin realiseer nie. In daardie tye het ons ook ander nodig om ons moed in te praat en weer hoop te gee.

Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed – Romeine 12:2.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close