Algemeen -

In your face

“In your face”, as ek my tienerdogter se aanhaling mag gebruik, was my reaksie toe ek 3 500 PUK-studente sien stap vir Afrikaans en teen die skewe voorstellings van wat op hul kampus aangaan. Derduisende jongmense met plakkate sê: “Ons het nou lank genoeg stilgebly.” Hulle is nie ooms en tannies wat hunker na die verlede nie, maar ’n splinternuwe geslag wat so jonk is dat hulle selfs vir die jeugdige Adriaan Basson, redakteur van die Beeld, oom sal sê. Hulle sê ook vir oom Adriaan hy moet hulle nie boelie nie; hulle wil nie in kassies gesit word nie en hulle wil nie om verskoning vra vir dít wat hulle nie gedoen het nie. “In your face”.

Toe kom die rassistiese ooms van die Hoëronderwystransformasienetwerk (HETN), die geesteskind van die veroordeelde moordenaar Lucky Thekisho, en sê die klomp jongmense is regs. “Huh, regs?”, hoor ek die klomp jonges hulself afvra. Dié PUK-geslag is die geslag ná die links/regs-era. Hulle maak nie aanspraak op links óf regs nie, maar eenvoudig op artikel 29 (2) van die Grondwet, wat soos volg lui:  “Elkeen het die reg om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of tale van hul eie keuse waar daardie onderwys redelikerwys doenlik is.” Die NWU het 'n taalmodel ontwikkel wat onderwys in Afrikaans prakties moontlik maak.

“Regs?”, hoor ek die studente weer vra. Ons het nie besef die Suid-Afrikaanse Grondwet is regs nie. Die studente doen nie wat regs is nie; hulle vra wat hul reg is en doen wat reg is en Lucky Thekisho en sy sogenaamde transformasie-trawante stamp hul voete op die grond en kry stuipe, want wie is die studente wat durf meen dat die hele Grondwet grondwetlik is. “In your face”.

 

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit

 

  •  
  •  
  •  
  •  
Dr. Dirk Hermann Deur Dr. Dirk Hermann


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close