Ek het die afgelope twee dae 'n paar hoofstories in die media raakgelees wat my laat wonder het wat die samelewing as belangrik ag? Dit wil vir my voorkom of die meer sensasionelestories verseker die oorhand het, maar wat sê dit dan van ons gemeenskap?

 

As die stories wat absoluut geen waarde toevoeg nie die hoofstories is, beteken dit dat ons eerder met oogklappe aan deur die lewe gaan? Of is dit die mag wat die media het om die agenda te stel?

 

Ek dink dit is 'n kombinasie. Mense wil nie hoor hoe sleg dit gaan of dat hulle eintlik veronderstel is om te help om 'n verskil te maak nie, dus luister die media na sy lesers en stel 'n agenda wat nie ernstig is nie daar.

 

Hoe is dit moontlik dat die Waterkloof-4, celebrities wat per ongeluk neerslaan of Oscar Pistorius se hof saak meer belangrik geword het as om te weet wat werklik om jou aangaan. Hierdie sensasionelegebeure moet volgens die gemeenskap duidelik nie ligtelik opgeneem word nie, want daar word reeds talle dae uitgesit wat Oscar amper alle spasie in die media gaan opneem.

 

Wat maak dit saak wie die Waterkloof-4 is? Hulle is misdadigers. Wat maak dit saak of 'n beroemdepersoon neer slaan langs die sypaadjie? Ek en jy sloeg ook dan en wan neer. En wat maak dit saak wat die uitspraak is met die Oscar-saak? Gaan dit jóú lewe beïnvloed?

 

Dit is lekker om nou en dan bietjie ‘useless information’ te lees, waar, maar dit kan nie al inligting wees wat jy inneem nie. Jy moet verantwoordelik omgaan met watter inligting belangrik is en watter slegs vir ontspanning is. Dit voel of die samelewing daardie groot verskil verwar.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close