Algemeen -

‘Jy Is’, want ‘Ek Is’

Die vroue van Solidariteit het onlangs hierdie mooi boodskap gekry. Dit is ’n boodskap wat daarop gemik is om elke vrou te bemoedig deur haar waarde uit te lig. Dit is ook waarom ons graag hierdie boodskap van Melinda du Plessis met jou wil deel:

‘Jy Is’, want ‘Ek Is’

Staan op, word verlig, want jou lig kom,

en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op! (Jes. 60:1)

Dogter, jy is gemaak om vervuld te wees…

Vervuld te wees met my: met my Gees, my genade, my vreugde,

My verdraagsaamheid, my vrede,

My getrouheid, my vriendelikheid,

My selfbeheersing, my welwillendheid,

My liefde.

Jy is gevorm om suksesvol te wees…

Suksesvol in my oë is: wandelende op my pad

Tevrede in die wete dat jy my doel vir jou dag,

jou lewe gehoorsaam uitgevoer het

Los van die wêreldse gejaag na niks met ewigheidswaarde nie

Jy is uitgebeitel om vry te wees…

Vry in My Bloedoffer: groeiend in die kennis dat jou waarde lê in My Seun se bloed

Geen menslike tekortkoming wat jou potensiaal kan binne hou nie

Geen beperking vir ’n prinses in My Koninkryk nie

Jy is geskilder om uniek mooi te wees…

Uniek mooi in My Skepping:

’n kunswerk sonder weerga in die besondersheid

waarmee Ek jou liggaam, siel en gees aanmekaar geweef het

My lig wat van binne na buite skyn en alles transformeer

Jy is beplan om giggelend gelukkig te wees…

Gelukkig in My: omdat jy My hart vir jou ken,

Omdat jou oë meer en meer oopgaan om My te sien

in die oomblikke van eenvoud en prag in jou dag,

Omdat jy seker is van jou toekoms in My arms

Jy is uitgeknip om perfek in te pas…

in te pas in My plan:

gegrondves in die wete dat jy gevorm en toegerus is vir vandag, vir jóú invloedsirkel,

met jóú unieke voorkoms en styl, talente en gawes vol selfvertroue in wie jy is in My

Jy is geskape om sonder moeite “JY” te wees… en dit is genoeg en sal altyd wees.

Jy het bestaansreg.

‘Jy is’, want ‘Ek is’.

 

Kopiereg© Melinda du Plessis

  • 109
  •  
  •  
Algemene Skrywer Deur Algemene Skrywer


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close