My Werk

Goeie gewoontes wat jou sal help om sukses te behaal

Roetine is nie noodwendig ʼn slegte ding nie, maar om in ʼn roetine te verval sonder om nou en dan verandering mee te bring, kan dikwels tot gevolg hê dat jy van jou doelwitte en mikpunte vergeet. Hier is vyf gewoontes wat jy gerus kan aanleer om seker te maak jy behaal sukses in jou…

Die effektiewe hantering van terugslae in die werkplek

Dinge verloop nie noodwendig altyd volgens plan in die werkplek nie. Spertye haal jou in, of jy bereik nie jou verkoopsdoelwitte nie. ʼn Kollega laat jou dalk in die steek of jy voel jou harde werk werp geen vrugte af nie. Die lewe is vol teleurstellings en mislukkings. Ons moet aanvaar dat terugslae onvermydelik is…

Ek is afgelê – hoe nou gemaak?

Jy kan deesdae nie met sekerheid sê dat jy vir ewig van jou werk verseker is nie, want die ekonomie is onstabiel en talle maatskappye sukkel om hul deure oop te hou. So baie mense word reeds deur afleggingsprosesse geraak, maar hoe gemaak as dit jou die dag tref? Op die kort termyn gaan afleggings…

Sosiale media, jou vriend en vyand in die werkplek

In vandag se moderne lewe is sosiale media die vriend met wie jy alles deel. Sosiale media kan ook jou grootste vyand wees as jy nie versigtig is oor die digitale spoor wat jy agterlaat nie. Facebook is nie net ʼn ideale platform om jou waansinnige naweke met die wêreld te deel nie, maar dit…

Hoe om ’n balans te handhaaf as jy vriend en bestuurder tegelyk is

Een van die voordele wat daaraan verbonde is om ongeveer ’n derde van jou volwasse lewe by die werk te spandeer, is dat jy nuwe mense ontmoet en die geleentheid het om deel te wees van ’n span waarin almal hegter saamgesmee word terwyl hulle struikelblokke en uitdagings saam die hoof bied. Talle goeie vriendskappe…

Gebruik jou salarisverhoging tot jou voordeel

Wanneer dit by ʼn salarisverhoging of ʼn bonus kom, is ons almal daaraan skuldig om die ekstra geldjie al in ons kop te spandeer nog voordat dit in ons rekening verskyn. Alhoewel dit heeltemal normaal is, is dit baie belangrik om verantwoordelikheid aan die dag te lê wanneer dit by ekstra inkomste kom. Maak seker…

Uitbranding weens ooreising

As ons van uitbranding in die werkplek praat, verwys ons na jou liggaam wat weens veelvoudige en aanhoudende druk en eise oor ’n lang tydperk ingee en tot ondoeltreffendheid en uitputting lei. Sodra mense nie ʼn effektiewe werk-lewe-balans handhaaf nie of selfs ʼn gebrek aan sosiale ondersteuning het, loop hulle die risiko om hulself te…

Faktore wat werkstevredenheid bepaal

Jy spandeer die meeste van jou tyd by die werk en daarom is dit belangrik dat daardie tyd vreugde en vervulling vir ʼn mens bring. Werkstevredenheid kan omskryf word as ʼn genotvolle of positiewe emosionele toestand wat uit waardering vir jou werk of werkservaring spruit. Dit word beïnvloed deur persoonlike en organisatoriese faktore, maar wat…

Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close