Algemeen -

Kersfees kom

Hierdie tyd van die jaar het vir my 'n eie bekoring.

Geliefde Kersliedere soos: Stille nag, Herders op die ope velde en Ere aan God weerklink en laat mens opnuut weer terugdink aan ons Verlosser se geboorte in Betlehem.

Josef en Maria kon nêrens 'n herberg vind nie. Uiteindelik kry hulle plek in 'n stal. Maria draai die baba in doeke toe en lê hom in 'n Krip neer.

Die Engele verskyn aan Herders wat in die veld hulle skape opgepas het om die goeie nuus te vertel dat Jesus gebore is. Die Messias het gekom.

Wyse manne uit die ooste het die ster gevolg wat gewys het dat 'n Koning gebore is. Hulle vind Hom in die stal.

God word mens. Hy kom om ons te verlos van die sonde en die hel. Mag dit opnuut jou hart verbly.

Welkom, o stille nag van vrede,
onder die Suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis.
Kersfees kom, Kersfees kom –
gee aan God die eer.
Skenk ons ’n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer.

 

– Koos du Plessis.

 

Geseënde Kersfees!

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close