Algemeen, Godsdiens -

Kersfees

Die jaar was propvol dinge. Ek kan byna nie glo dat dit amper alweer Kersfees is nie! Die dolle gejaag wat reeds die winkels getref het, gaan net erger word hoe nader ons aan Kersdag kom.

Hierdie tyd hou vir my ‘n bekoring in. Al die liggies wat vrolik flikker, al die liedjies wat oral opklink.

Die blye boodskap: Ons Verlosser het gekom! In ‘n stal in Betlehem word Jesus Christus gebore en in ‘n krip neergelê. Herders en wyses bring hulde aan hom. Engele sing: Ere aan God!

Dít is waaroor Kersfees gaan – nie oor geskenke wat mense vir kort rukkies bly maak nie.

God kom na die mens – Hy skenk genade. Hy bring hoop en vreugde vir ewig.

Mag jy hierdie Kersgety weer opnuut die ware boodskap van Kersfees ontdek en gedenk.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close