Algemeen, Nuus -

Krieketheld het die einde nie só gesien nie

Mark Boucher

Die Protea-paaltjiewagterveteraan, Mark Boucher, se uittrede uit krieket ná 'n fratsongeluk waarin sy linkeroog ernstig beseer is, was 'n hartseer einde aan 'n blink krieketloopbaan. Boucher (35) moes 'n noodoperasie van twee en 'n half ure ondergaan nadat 'n paaltjie wat Imran Tahir laat spat het om Gemaal Hussain terug te stuur na die kleedkamer, hom Maandag in die linkeroog getref het in die wedstryd teen Somerset in Taunton. 'n Soortgelyke fratsongeluk het in 1990 'n einde aan Paul Downtown, 'n paaltjiewagter vir Engeland, se krieketloopbaan gebring.

Boucher het in sy bykans vyftien jaar as Protea-paaltjiewagter 998 spelers met sy vangskote teruggestuur kleedkamers toe. In die 147 toetswedstryde wat hy gespeel het, het hy 'n rekord opgestel as die eerste paaltjiewagter wat met 500 vangskote in toetswedstryde kon spog. Boucher het ook in 295 eendagwedstryde gespeel.

Dit is nog nie duidelik of Boucher se oog volkome sal herstel nie. Hy bly egter positief en het sy aanhangers op Twitter vir hulle ondersteuning bedank: “Ur support for me has brought me to my knees! I can’t thank u all enough. Gonna b a tough time 4 me regarding my eye but I will pull through. Retirement had 2 be called bit early, but thanks 2 EVERYONE 4 all the good times and tough ties! U have all contributed and I’m truly blessed!”

Die Proteas gaan Boucher se vinnige hande agter die paaltjies beslis mis!

  •  
  •  
  •  
  •  
Moira Kloppers Deur Moira Kloppers


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close