My Gesondheid -

Liggaamlik en geestelik gesond in 2017

Dis Februarie en die opwinding van die Nuwejaar is verby.  Vir baie van ons is die optimistiese nuwejaarsvoornemens net 'n vae herinnering. Hoe gemaak as jy tóg meer gesond wil leef, maar nie jou lewe omver wil werp nie? Hier is 'n paar maklike wenke vir liggaamlike en geestelike gesondheid in 2017.

Hou by dit wat werk

  • Eet gesond. Vyf porsies vrugte en groente elke dag. Minder rooivleis, alkohol, suiker en ongesonde vette.
  • Beweeg jou liggaam drie keer per week vir 20–30 minute lank om jou hartklop te versnel. Wenk: Wees op die uitkyk vir aktiwiteite in jou gemeenskap, soos die Medihelp Sunrise Monster. Sluit op 4 Maart 2017 in Groenkloof by ons aan vir die Sunrise Monster en bring sommer jou hele gesin.
  • Kry genoeg slaap.
  • Neem genoeg vloeistowwe in. Poog om ten minste agt glase water per dag te drink.

Pas jou gesondheid op

Gaan gereeld vir mediese ondersoeke, kry ’n griepinspuiting, drink ’n goeie multivitamien. Sorg dat jou cholesterol en bloeddruk op aanvaarbare vlakke is.

Beplan deeglik

Stel doelwitte en bepaal watter stappe jy moet doen om elke doelwit te bereik. Vermy enige iets wat nie tot die bereiking van dié doelwitte bydra nie.

Bestuur jou tyd

Neem elke oggend ’n paar minute om jou dag te beplan en weer 'n paar minute elke aand om oor die dag te besin.

Balanseer jou werks- en persoonlike lewe

Fokus slegs tydens kantoorure op jou werk en moenie werk huis toe vat nie. Maak elke dag tyd om te ontspan.

Stimuleer en oefen jou brein

Borsel jou tande met die ander hand, ry ’n nuwe pad werk toe, doen ’n blokkiesraaisel of leer ’n nuwe vaardigheid aan.

Ruim op

Raak ontslae van dinge wat jy nie meer gebruik nie en voltooi alle halfklaar projekte. Raak ontslae van alles wat nie bydra om jou doelwitte te bereik nie.

Raak betrokke

Neem deel aan ’n liefdadigheidsprojek en ondersteun ’n saak wat vir jou belangrik is.

Wees dankbaar

Maak een keer elke dag ’n lys van alles waarvoor jy dankbaar moet wees.

  •  
  •  
  •  
  •  
Wilmarie Brits Deur Wilmarie Brits


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close