Jannie Odendaal, lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en lid van die vakbond Solidariteit, sal vandag om 13:00 in 'n eksklusiewe onderhoud met my op Solidariteit Radio, die volle verhaal vertel.

Odendaal het vandeesweek die fokus van 'n geskil met me. Winnie Madikizela-Mandela geword. Dit volg nadat hy en 'n kollega die motor waarin Madikizela-Mandela op 30 Desember gery het van die pad getrek het, nadat die bestuurder na bewering roekeloos teen 150km/h deur die verkeer op die M1-snelweg gevleg het. Madikizela-Mandela dring nou daarop aan dat Odendaal om verskoning vra.

Intussen het Solidariteit die SAPD, Madikizela-Mandela en haar lyfwagte gewaarsku om Odendaal uit los. Solidariteit staan 100% agter sy lid en sal nie toelaat dat hy geboelie word nie.

Ons het reeds ons regspan opdrag gegee om Odendaal ten volle by te staan indien die polisie voortgaan met enige optrede teen hom. Ons is ook besig om strafregtelike klagtes teen Madikizela-Mandela se lyfwagte voor te berei. Dit kan crimen injuria, aanranding en regsverydeling insluit. Ons kan nie toelaat dat gewone burgers deur politieke elite en groot instellings rondgestamp word nie. Ons beplan om terug te stamp. Aan die een kant staan ons op vir ons lid, maar aan die ander kant staan ons op vir elke individu wat weerloos is teen die magselite. 'n Gesonde demokrasie beskerm die gewone burgers en ons beplan om hierdie belangrike kenmerk van 'n demokrasie te beskerm.

Skakel vandag in by die program vanaf 13:00 by www.solidariteitradio.co.za.

  •  
  •  
  •  
Deur Dr. Dirk Hermann


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close