Algemeen -

Ma, ek gaan nie werk kry nie!

My 16-jarige seun sê nou die dag vir my met volle oortuiging: “Ek weet ek gaan nie werk kan kry nie, al werk ek hoe hard.” Julle, ek dog ek kom iets oor!

As bestuurder van Werknet werk ek elke dag met mense wat werk soek, werkgewers wat mense soek, en veral met jongmense wat daarna streef om die werkplek te betree. Julle, “the struggle is real” soos hulle in Engels sou sê, en dit is juis hoekom ek my insig, raad en bemoediging met julle in my blog wil deel.

Werknet het oorspronklik begin as 'n Excel-sigblad wat Solidariteit Helpende Hand begin het met die doel om mense te help om werk te kry en om armoede so te help verlig. Soos julle weet, is die nood groot en hierdie sigblad het in 'n webblad ontwikkel waar ons elke maand meer as 300 poste en CV’s beskikbaar stel. As die “voog” van Werknet glo ek dat elkeen wat wil werk, moet kan werk. Die kuns om dit reg te kry lê daarin om elkeen van julle te bemagtig om die beste weergawe van jouself weer te gee, om julle te inspireer om nie op te hou leer en ontwikkel [Hyperlink na S-leer toe] nie, en om 'n kultuur in ons gemeenskappe te vestig dat elkeen een help. Dit doen ons deur mekaar in diens te neem.

My eerste stukkie raad aan julle, wat ek ook met my seun gedeel het, is om nie moed op te gee nie. Daar is werk daar buite, daar is iemand wat die potensiaal in elkeen van julle gaan raaksien. Al is jy dalk nou werkloos, is dit jou werk om aan te hou probeer en Werknet stap dié pad saam met jou.

 

Werknet-groete

Jou droomwerk  is net ‘n klik weg.

  •  
  •  
  •  
Deur Mandy


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close