Algemeen -

Maak die keuse om die mooi dinge raak te sien

Woorde van ‘n Facebook-vriend dring my vandag om hierdie woorde te skryf.

Party dae is dit moeilik om sin te maak van die lewe. Ons wil soos die Prediker vra: Is alles dan tevergeefs? Is alles ‘n gejaag na wind?

Daar is soveel lelike dinge in die wêreld. Daar is daagliks slegte goed wat met ons en met ons mense gebeur. Daar is soveel leed; soveel pyn; soveel swaarkry.

“Die wêreld druk swaar op diegene wat hom dra” – CJ Langenhoven.

Tóg het elkeen van ons ‘n keuse om nie net die sleg nie, maar ook die goeie dinge rondom ons raak te sien.

Kyk na die veld wat deesdae weer in groen getooi is. Die wolke wat opbou en lyk na reën. Die maan en sterre wat skyn in die donker nag. Sien die mooi dinge raak: reenboë, blomme, bome, diere. Hoor weer die voëls se vrolike gefluit daar buite; die lag van ‘n kind.

Besef weer opnuut dat daar mooi dinge is: liefde, geluk, vreugde, vriendskap, gesondheid… Raak weer bewus van al die goeie gawes wat ons daagliks uit die Vaderhand ontvang.

Maak vandag die keuse om die mooi dinge om jou raak te sien.

  •  
  •  
  •  
  •  
Carina Bester Deur Carina Bester


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close