Deur Francois Redelinghuys

 

In die werkplek is dit baie belangrik dat die moraal van werknemers altyd hoog bly. Hier is ’n paar idees vir spanbou-aktiwiteite wat jy kan doen om die moraal te lig.

 

1)         Waarheid en leuen

Laat elkeen in die groep toe om hulself voor te stel en dan twee “feite” oor hulself met die groep te deel. Die een moet egter waar wees en die ander onwaar. Die res van die groep moet dan raai watter een is die waarheid en watter een is die leuen.

 

2)         Vrywilligersprojekte

Raak betrokke by ’n vrywillige gemeenskapsdiensprojek. Sulke projekte help met spanbou en moraal terwyl dit ook die gemeenskap help.

 

3)         Rug-aan-rug-tekeninge

Laat twee mense rug aan rug sit. Gee aan een persoon ’n prent van ’n vorm en aan die ander ’n potlood en papier. Die persoon met die prent moet aan sy/haar spanmaat die vorm probeer verduidelik wat hy/sy dan moet oorteken. Hierdie oefening help om kommunikasie te verbeter.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close