Algemeen -

Nuwejaarsvoornemens

Ek hoor dat daar baie mense is wat nie meer nuwejaarsvoornemens maak nie. Hulle voel dat hulle in elk geval nie daarby bly nie en dat dit eintlik ‘n mors van tyd is.

Ek was nooit self een vir nuwejaarsvoornemens nie. Ek het egter besef dat as mens nie besluit om te verander nie, gaan dit nie vanself gebeur nie. Jy gaan dieselfde foute maak, jou kop teen dieselfde klippe stamp.

Dit help nie dat jy onrealistiese voornemens maak nie. Jy gaan jouself ontmoedig omdat jy te hoë eise stel. Jy gaan binne die eerste paar dae klaar moed op gee.

Ek dink tóg dat dit raadsaam is om aan die begin van die jaar terug te kyk op die jaar wat verby is en te besluit waar jy kan verander in die jaar wat voorlê om dinge beter of makliker te maak vir jouself (en vir ander).

Dit is goed om jou in die stof te werp as jy ‘n fout begaan het, maar dit is nie goed om daar te bly lê nie – Francois-René de Chateaubriand.

As mens maar net voortploeter op jou ou patroon sonder om eers te oorweeg waar jy kan verbeter in die toekoms, gaan die een jaar maar net doelloos op die volgende volg…

Die verlede het geen ander waarde nie as om jou wysheid te leer vir die toekoms. Jy moenie wanhoop put uit jou berou of hoogmoed uit jou sukses nie – CJ Langenhoven.

Voorspoed vir die jaar!

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close