Algemeen -

Om aan te beweeg

Dit is meestal moeilik. Dit is partykeer seer. Vir sommiges is dit 'n manier van leef. Om aan te beweeg is deel van die lewe.

As jy nie kan vlieg nie, hardloop;
as jy nie kan hardloop nie, loop;
as jy nie kan loop nie, kruip.
Wat jy ook al doen, beweeg aan!
– Anoniem

Ons is geneig om soms te wag vir iets om te gebeur:

'n Verliefde kan dalk dink dat die persoon op wie hy/sy verlief is, uit die bloute gaan besef dat sy/hy dieselfde voel. (Word wakker sussie, daardie man verdien jou nie!! Moenie jou tyd verder mors nie.)

'n Werknemer kan dink dat dinge by die werk gaan verander, hy/sy moet net 'n klein bietjie langer uithou. Dit terwyl baie geleenthede by hom/haar verbygaan. (Dit gaan nie gebeur nie… en jy weet dit!)

Die lewe is te kort om te wag op die onwaarskynlike (en selfs onmoontlike) dinge wat ons vir onsself voorstel!

Walt Disney het gesê: Hier rond kyk ons nie vir te lank terug nie… Ons beweeg aan, maak nuwe deure oop en doen nuwe dinge omdat ons nuuskierig is… en nuuskierigheid hou aan om ons te lei op nuwe paaie.

Ons voel soms so vasgevang in ons situasie.

Het ons al probeer om vorentoe te beweeg, óf bly ons in die groef lê? Klou ons vas aan dinge wat nooit gaan wees nie, óf probeer ons nuwe geleenthede raaksien?

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close